Vyf jaar na die Slag van Bloedrivier is ‘n unieke waterprestasie op Hankey in die Oos-Kaap behaal toe ‘n sendeling met behulp van Hottentotte die heel eerste watertonnel in Suid-Afrika gegrawe het.
Dr. John Philip |
William
Philip het tussen 1834 en 1836 opmetingswerk in Kaapstad bestudeer. Hy was die seun van die omstrede dr. John
Philip, hoof van die Londense Sendinggenootskap in Suid-Afrika. Daarna is hy
saam met sy vader na Brittanje waar hy hom as sendeling bekwaam het en ook in medisyne
en snykunde gestudeer het. Dit het hom
goed te pas gekom toe hy in 1841 na die sendingstasie by Hankey. Die kerk bestaan vandag nog en is bekend as die “United Congregational Church of Southern
Africa”, Hankey. Om daar te kom volg 'n mens die
pad vanaf Hankey na Patensie oor die Kleinrivier, draai links met die eerste
straat wat langs die rivier loop, tot waar die straat doodloop.
Dr. John Philip is in 1851 op Hankey oorlede en ook daar begrawe. Sy graf is geleë agter die ou "Philip Manse", langs die spoorlyn.
Dr. John Philip is in 1851 op Hankey oorlede en ook daar begrawe. Sy graf is geleë agter die ou "Philip Manse", langs die spoorlyn.
In
1841 het Hankey met ‘n ernstige watertekort te kampe gehad. In die Gamtoosrivier was daar baie water,
maar die probleem was om dit op die vrugbare oewers uitgekeer te kry. William Philip het die terrein ondersoek en
bevind dat, as hy ‘n tonnel deur ‘n krans op’n draai in die rivier net bokant
die sendingpos sou grawe, hy water uit die Gamtoosrivier na die landerye van
die nederstetting sou kon lei.
In
1843 het hy met sy onderneming begin en gelyktydig aan alkante van die krans
begin grawe. William het gebruik gemaak
van Hottentotte van die omgewing, wat dag en nagskof gewerk het. Die arbeiders se loon was 1 sjieling en 6
Pennies per dag plus kos. Die werk is
gedoen met koevoet, pik, graaf, kruiwa, hamer en beitel en al die los grond en
klippe moes met die hand verwyder word.
Die hoogte van die tonnel was 1.86 m, die breedte 1,23 m, en die lengte
228 m. 164 m hiervan was na verneem word deur soliede
rots. Daar word geskat dat die werk
teen sowat 300 mm per dag gevorder het.
Die totale koste van die tonnel word geskat op 500 pond.
William se opmetings was so sekuur dat die twee spanne werkers na 15 maande op 13 Augustus 1844 in die middel van die rots waardeur hulle getonnel het uitgekom het. William het vertel dat dit soos ‘n klein rivier gelyk het toe die water deur die tonnel geloop het. Die watervloei was so sterk dat William ‘n watermeul vir die maal van koring en mielies opgerig het, vandaar die naam Milton.
Op
1 Julie 1845 het ‘n tragedie die nedersetting getref toe William Philip en ‘n
nefie van hom die Gamtoosrivier met ‘n skuit oorgesteek het en William op 31
jarige leeftyd verdrink het.
In
Oktober 1847 het ‘n tweede tragedie die nedersetting getref toe ‘n
vernietigende vloed die beroemde tonnel beskadig het. Die Gamtoosrivier het by Hankey 9 m bo sy
normale vlak gevloei. 13 mense het dié
nag verdrink. Na ongeveer 1 jaar se
harde werk was die tonnel weer oop en in werking.
Die
Philip-tonnel is nog te sien en kan
deur die publiek besoek word, maar is nie meer in werking nie en redelik
verwaarloos. Die tonnel is verklaar as
‘n nasionale besienswaardigheid en val onder die jurisdiksie van die Kouga
Munisipaliteit. Volg die pad uit
Hankey na Patensie, neem die pad wat links uitdraai na Vensterhoek en volg die
aanwysings.
Uit:
Water deur F A Venter, 1976