Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

31 July 2012

Die Kouga-begraafplaasprojek

Naas Olivier 

Die Kouga-begraafplaasprojek is onlangs van stapel gestuur. ‘n Span is uit belangstellendes saamgestel en sluit Carol Beneke (koördineerder), Ludwic Beneke, Naas Olivier, Rob McCleland, Theo Vosloo, Emmarentia Ferreira en Stief Rootman in.


Die doel van die projek is om alle grafte en gedenkmure in dorpe en op plase in die Kouga te fotografeer. Die groep sal ook foto’s van al die kerke neem en ‘n kort byskrif daarby plaas. Carol sal sorg dat die foto’s op ‘n webwerf geplaas word. Klik hier om toegang tot die webwerf te kry.

Belangstellendes word versoek om die groep in te lig indien hulle weet van private begraafplase op plase. Tree asseblief met my hieroor in verbinding. My telefoonnomers is 042 296 2120 en 082 823 8945.