Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

20 July 2012

Wie in ‘n glashuis woon ...

Barry Vosloo

Uitvoerige navorsing deur prof. J A Heese om vas te stel hoeveel wit (hoofsaaklik Hollandse en Duitse) inwoners van die Kaap tussen 1852 en 1800met sogenaamde nie-blankes getroud was, het in die vroeë sewentigerjare opsienbare feite aan die lig gebring. In sy navorsingsverslag (Die herkoms van die Afrikaner, 1971) beweer Heese dat meer as 1 200 sulke huwelike plaasgevind het (Alister Boddy-Evans:  Genealogy of Afrikaners 

Prof  H F Heese
Trouens, hy en prof. H F Heese (Groep sonder grense, 1984) het vasgestel dat suiwer wit Afrikaners, as ‘n konsep, nooit bestaan het nie. Hulle het ‘n lys die lig laat sien van nagenoeg 108 Afrikaanse families wat afstammelinge is van wit Afrikaanse mans wat met vroue van gemengde afkoms of swart of Asiër-vroue getrou het.

Ek onthou goed dat hierdie bevindings toentertyd die spreekwoordelike knuppel in die Afrikaner-hoenderhok gegooi het, dermate dat die meeste Afrikaners die Heeses verguis het. Het hulle (die Heeses) dan nie geweet dat die Nasionale Party se program van beginsels (1914) rasvermenging onomwonde verwerp het nie? (Max du Preez: Pale Native, 2003)

Vosloo is één van die vanne wat deur die Heeses “gelys” is.

Ek is ‘n afstammeling (negende geslag) van Jan Vosloo wat in die 1680s in Kaapstad aan wal gestap het. Hy was in diens van die VOC as baashoutkapper en –tuinier. Jan is in 1649 in Lippstadt in die voormalige Wes-Duitsland gebore.

Daniël Jacobs
Volgens Daniël Jacobs (Die Vosloos, nuttige landsburgers, 2003) bestaan daar afdoende getuienis dat my stamvader nie getroud was nie, maar wel kinders by verskeie slavinne verwek het.

Johannes van de Caap (gebore in 1696), was die enigste seun van oer-oupa Jan en sy vrygestelde VOC-slavin, Helena van Malabar. Malabar is ‘n provinsie wat aan die Weskus van Indië geleë is. ‘n Mens kan dus redelikerwys aanneem dat sy van Indiese afkoms was. 

Johannes is van belang omdat al die Vosloo swat vandag leef, van hom afstam.

Pres. Paul Kruger
Johannes se eggenote was Gerbrecht Herfst, die dogter van Johann Herfst en Lysbeth Sanders. Lysbeth, ‘n swart Angolese slavin, het ‘n veelbewoë lewe gehad. Sy het verhoudings met verskillende mans gehad en was die ma van vyf dogters wat baie nasate onder blanke Suid-Afrikaners het, insluitend pres. Paul Kruger, genl. Louis Botha en genl. Koos de la Rey. Johann was van Duitse afkoms wat toenteryd die opsigter van die VOC-veepos in Hottentots-Holland was.

Terloops, ek sou in die ou apartheidsbedeling nooit in der ewigheid hierdie stukkie geskryf het nie!

Diegene wat nog nie weet wie hulle stamouers is nie, kan gerus hier klik