Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.

01 July 2012

Laat jou rekenaar homself opruim

Japie Bosch

Net soos jou lessenaar soms deurmekaar raak soos jy hier en daar iets neersit en rondskuif, raak jou rekenaar se hardekskyf ook deurmekaar soos jy programme, data, foto’s, video’s (veral) of wat ookal aflaai of verwyder.

Hoe meer deurmekaar, hoe stadiger.



Net soos jou lessenaar soms reggepak moet word, moet jou hardeskryf ook reggepak word.

Hoe netjieser, hoe  vinniger vind jy of jou rekenaar dit waarna gesoek word.

Dié opruimproses word in rekenaartaal defragging genoem.  Kortom word van defrag gepraat.  Jou rekenaar sal dit vir jou doen, mits jy hom die bevel gee.

Fragmentering van jou rekenaar onstaan deur daaglikse gebruik.  Onthou, toe jou rekenaar nuut was, was die hardeskyf skoon.  Mettertyd het jy hom begin voller maak, lêers verwyder en lêers rondgeskuif.  Dink net al die eposse wat jy kry met foto’s en video’s.

Soos jy lêers verwyder (delete), ontstaan oop spasies (klein of groot) op die rekenaar.  As jy iets nuut aflaai, begin die rekenaar dit by ‘n sekere plek berg.  As ‘n lêer, te groot is om op daardie  spesifieke plek op jou rekenaar in te pas, sal hy dit in stukkies opbreek.  Wat hy nie op die eerste plekkie kan inpas nie, sal hy op die volgende oop plek op jou hardeskryf plaas en dan weer op die volgende plek wat hy vind en weer en weer. Wanneer jy dit (sê nou ‘n groot foto) later op jou skerm wil laat vertoon, neem dit die rekenaar langer as normaal om al die stukkies te vind en bymekaar te bring.  Sodoende ervaar jy dat jou  rekenaar stadiger word of  hy kry ietwat van ‘n rukkerige aksie.

Gelukkig kan jou rekenaar homself “regpak”, maar, nes ‘n kind, moet jy hom aansê om op te ruim.

Hoe DEFRAG jy?
1.       Maak alle programme toe.
2.       Klik op START (links onder op jou rekenaarskerm).
3.       Klik op Programs.
4.       Klik op Accessories. 

5.       Klik op System Tools.
6.       Klik op Disk Defragmenter.
7.       Klik op Defragment.
8.       Wag dat die proses klaarmaak.  Gaan maak koffie, want dit neem ‘n rukkie.


(Jy kan ook kortpad tussen stappe 2 en 6 kies deur eers op Disk Defragmenter te regs klik en dan op Create Shortcut te klik. Dit sal ‘n ikon op jou Desktop plaas waarop jy voortaan kan klik om jou direk na Disk Defragmenter te neem).

Wanneer jy by Disk Defragmenter uitkom, sal jy iets soos die volgende sien:


Die rooi (bo) is die gefragmenteerde lêers. (Dis ‘n onnette hardeskyf.) Die onderste deel wys hoe die rooi stelselmatig minder is soos die gefragmenteerde lêers se stukkies weer aanmekaar gesit word.  As die proses klaar is, behoort daar nie meer rooi te wees nie.  Alles behoort blou of groen te wees.  Blou is jou werkmateriaal (foto’s, data, videos, ens.). Die groen is rekenaarprogramme.  Soms bly daar wel ‘n bietjie rooi oor.  Moenie daaroor begaan wees nie.

Ná die proses voltooi is, sal jy nie altyd die verskil in die spoed van jou rekenaar teëkom nie, maar jou rekenaar sal minstens ‘n gladder werking hê.

Maak ‘n gewoonte daarvan om een keer elke maand te DEFRAG.  Dit verleng die lewe van jou hardeskyf.