Barend J Venter, genealogiese navorser van die Venter-familie van Suid-Afrika
Die afgelope tyd word daar heelwat stellings gemaak oor sulke sake soos:
- Watter genealogiese program die sogenaamde beste program is.
- Jy word aangemoedig om Gedcom-leers van jou data beskikbaar te stel sodat dit i'n poel gegooi kan word en deur ander programme gemanipuleer kan word sodat die protokol van datavaslegging wat jy oor jare gebruik het deur 'n rekenaarprogram verander kan word sodat jou plekname, persoonsname en vanne en die taal waarin jy dit vasgelê het verander word.
- Die protokol wat gevolg moet word met die invoer van data in jou genealogiese program sodat dit aan iemand anders as jyself se vereistes voldoen.
Daar is nog 'n paar ander sake wat ook hiermee in verband staan wat geopper is.