Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label Piet Butler. Show all posts
Showing posts with label Piet Butler. Show all posts

07 February 2013

Besondere Africana oor die Anglo-Boereoorlog en Suid-Afrika.

'n Lid van die Jeffreysbaaise Genealogiese Geselsgroep, Piet Butler, het vir ons inligting gestuur oor drie opsienbarende boeke wat oor die Anglo-Boereoorlog en Suid-Afrika handel.

01 December 2012

Adriaan Frans Christiaan Röscher, die grondlegger van Ventersdorp

Piet Butler

[Hierdie berig bevat uittreksels uit ‘n gelyknamige artikel wat Piet in 1988 geskryf het. Belangstellendes kan ‘n afskrif van die volledige teks bekom deur met hom in verbinding te tree by dawnviewinn@yahoo.comRed.]

Adriaan Frans Christiaan Röscher is op 3 Augustus 1832 in die distrik Uitenhage gebore en verhuis in 1854 na die Transvaal. In 1856 tree hy in die huwelik met Johanna Sophia van Jaarsveld te Klerksdorp, waar hy ook tydelik sy beroep as onderwyser beoefen.