Japie Bosch
![]() |
Ouma Baby Vermaak |
Ouma Baby Vermaak (my pa se ma) was ‘n duur meisie in haar jong dae. Haar pa, Manny Vermaak, het geweet van geld en geldmaak. Gevolglik het hy toegesien dat sy dogter nie haar huwelik sonder ‘n ietsie van haar eie betree nie.
Van kleintyd af was Hester Maria Vermaak (1891 – 1970) gewoond aan die goeie dinge in die lewe. Sy en haar vyf susters en een broer is deur ‘n goewernante op hul plaas in die Molteno-distrik onderrig. “In English only.” Dít en byvoorbeeld die silwer eetgerei en opskepborde wat met elke ete op die tafel was, vertel die verhaal van haar ouerhuis se lewenstyl. Welaf mense.