Barry Vosloo
Sover ek kon vasstel is ek ‘n negendegeslag-nasaat (aan moederskant) van Christoffel Esterhuÿs. Volgens dr. J H Esterhuyse (Die Esterhuizen familie in Suid-Afrika) het Christoffel in ongeveer 1684 vanaf Groningen , Noord-Nederland, in die Kaap aangekom.
Esterhuyse skryf dat dié familienaam nêrens elders ter wêreld aangetref word nie. Bowendien was dit nie Christoffel se oorspronklike van nie. Omdat hy, soos baie van sy tydgenote aan die Kaap, ongeletterd was, het kompanjie-amptenare sommer die familienaam vir hom uitgedink.
Maar dit was nie net kompanjie-amptename wat met die name van mense gepeuter het nie.