Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label Daniel Jacobs. Show all posts
Showing posts with label Daniel Jacobs. Show all posts

01 July 2012

Familiewapens

Daniel Jacobs het die kwessie van familiewapens deeglik nagevors. Hieronder verskyn ‘n verkorte weergawe van 'n artikel waarin hy die aangeleentheid toelig - Redaksie.

**********

Ons gebruik van familiewapens het sy oorsprong in die Middeleeue, toe 'n ridder uitgeken is aan die wapen op sy skild, en is reeds ongeveer negehonderd jaar oud.

Daar bestaan 'n wanpersepsie by waarskynlik die meeste Afrikaners dat hierdie tradisie daarvoor voorsiening maak dat 'n familiewapen aan 'n hele familie kan behoort.

Een van die grondbeginsels van die heraldiek, of wapenkunde, wat internasionaal en oor eeue heen aanvaar is, is dat 'n spesifieke wapen net gebruik mag word deur een individu. Die hele gedagte was dat dit 'n stelsel van persoonlike uitkenning moes wees.

29 June 2012

Kursus in familienavorsing


Daniel Jacobs het in 2004 ‘n kursus in familienavorsing in pdf-formaat opgestel wat 389 bladsye beslaan, ‘n aanduiding van die omvang en deeglikheid van die werk.

Dit is ‘n goudmyn van inligting.

Die kursus mag nie sonder sy toestemming versprei of gedupliseer word nie. Lede wat belang stel kan probeer om meer inlingting te bekom by dmjacobs@absamail.co.za of http://safamily.zonke.co.za.