Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label Barry Vosloo. Show all posts
Showing posts with label Barry Vosloo. Show all posts

07 April 2013

Bosveldkaskenades

Barry Vosloo

Vir diegene wat belang stel: vandag woon ons presies vier en twintig dae in die Bosveld. Ons pos- en woonadres is Renaissance 119, Bela Bela 0480 en ons Telkomnommer, 014 736 5381. Terloops, ek is nie seker of dit Bela Bela of Bela-Bela is nie.

30 January 2013

"Jaarringe" - 'n oorsig

Barry Vosloo

Een van die verklaarde doelstellings van Jaarringe lui soos volg: “Hierdie webjoernaal is ‘n weerspieëling van die aktiwiteite van die Jeffreysbaaise Genealogiese Geselsgroep.”

02 November 2012

President Obama an Irishman?

Barry Vosloo

On 17 October Jaarringe reported that few nations are as passionate about their country as the Irish. Their devotion is often revealed by an almost feverish search for the Irish roots of important people elsewhere in the world.

17 October 2012

Henry Ford - The Cork Connection

Barry Vosloo

Few nations are as fervently patriotic as the Irish. Even a cursory study of their tumultuous history stretching back to the Neolithic period more than 4000 years ago, confirms this. Contemplating this beautiful land of myths and legends, William Butler Yeats, the renowned Irish poet who was awarded the Nobel Prize in Literature in 1923, once observed, “It seemed as if the ancient world lay all about us with its freedom of imagination, its delight in good stories, in man's force and woman's beauty.”

04 October 2012

Vir diegene wat van Ierse afkoms is

Barry Vosloo

Ek is baie partydig vir die Iere. Punt.

Dalk is die rede daarvoor dat ons oudste seun vir hom en sy gesin die afgelope elf jaar ‘n goeie bestaan in hierdie pragtige land losgewerk het. Dalk het 'n studie van die Ierse geskiedenis iets daarmee te doen. Dalk vloei daar meer as ‘n net blertsie Ierse bloed deur my are.

Maar, wat beteken dit om Iers te wees?

 

Mary McAleese
In haar toespraak by die Cork University College in Januarie 2006, het die voormalige Ierse president, Mary McAleese, daarop gewys dat die Iere “have often punched above their weight”. Dink maar aan die elf Nobelpryse wat al aan Iere toegeken is: vyf vir vrede twee vir fisika en vier vir letterkunde. Om nie te praat van ten minste twee Amerikaanse presidente wat familiebande met Ierland gehad het nie.

McAleese het voorts gesê: “With each passing year, post-Rising Ireland reveals itself, and we, who are of this strongly independent and high-achieving land, would do well to ponder the extent to which today’s freedoms, values, ambitions rest on [achieving] … the right of the Irish people to [take] ownership of Ireland …”

Die Britsgebore Ierse joernalis, Kevin Meyers, het egter onlangs in ‘n koerantartikel onder die opskrif A genetic condition could explain much of Irish history, daarop gewys dat DNA-ondersoeke daarop dui dat die wesenskenmerke van die Ierse nasionale karakter waarskynlik geneties bepaal is en oorgeërf is van die eerste setlaars wat volgens oorlewering in die verre verlede per boot vanaf Spanje daar aangeland het.

Hy skryf: “We know that schizophrenia and alcoholism are inherited traits. We also know that Ireland has higher rates of both illnesses than any other country in Europe.”

Hy beweer vervolgens dat “other genetically transmitted traits … that cause behavioural characteristics that were specific to Irish people … and have helped shape the culture of the Irish so that they become societal norms, thus affecting the behaviour of people who were themselves not inheritors of the genes. Nature and nurture are therefore intertwined … Possibly other genes caused a predisposition to disregard the future tense. Impetuosity, a refusal to plan, contempt for consequence, for whatever reason, would become common characteristics of the Irish people.

Gerry Adams, Irish republican politician
“We know about other characteristics: a gregariousness, a volubility, an affable charm, a clannishness, an amiable distinctiveness … and also a perpetual sense of victimhood … The golden thread of Irish republicanism, which can turn an affray in a farmyard into a ‘Rising’, takes much of its moral authenticity through a much-cherished sense of oppression.”

Maar wie ookal wat sê, die allermooiste elemente van Iersheid word myns insiens in die onderstaande gedig versgestalt:

In that dear land across the Irish sea.

If you ever go across the sea to Ireland,
Then maybe at the closing of your day,
You will sit and watch the moon rise over Claddagh,
And see the sun go down on Galway Bay.

Just to hear again the ripple of the trout stream,
The women in the meadow making hay.
Just to sit beside a turf fire in the cabin,
And watch the barefoot gosoons at their play.

For the breezes blowin' o'er the sea from Ireland
Are perfumed by the heather as they blow
And the women in the uplands diggin' praties
Speak a language that the strangers do not know.

Yet the stangers came and tried to teach us their way.
They scorned us just for bein' what we are.
But they might as well go chasing after moon beams,
Or light a penny candle from a star.

And if there's is going to be a life hereafter,
And somehow I am sure there's going to be,
I will ask my God to let me make my heaven,
In that dear land across the Irish sea.

02 October 2012

Greetings from Ireland

Barry Vosloo

We arrived in a bitterly cold Ireland last night (1 October) after a looong 10-hour journey from Johannesburg to Amsterdam. This was followed by a looong 10-hour wait at Schipol airport for a connecting flight to Cork.

By the time we boarded the Aer Lingus flight, I was thoroughly bored. However, idly paging through their in-flight magazine, I came across a website that promises everyone who claims Irish ancestry, to help them to discover their Irish roots.

To begin their journey of discovery, interested persons are invited to read the website’s step-by-step guide to getting started, to read their guide to family history in Ireland, to learn more about their records, and to find out about their research services.

Click here to read more.


01 September 2012

Boer maak toe wél ‘n plan!

Barry Vosloo 

Op 28 Junie 2012 het Jaarringe ‘n storie geplaas oor Gerrit Vosloo (1768 – 1860) wat in 1799 tydens die Van Jaarsveld-opstand op Graaff-Reinet ‘n houtkanon gemaak het. Klik HIER om toegang te verkry. 

30 August 2012

Die held van Somerset-Oos

Barry Vosloo 

Kmdt. Paul Jacobus Erasmus
Kommandant Paul Jacobus Erasmus is op 21 September 1829 gebore, en sterf op 14 Januarie 1881 in Basoetoland. Die verhaal van sy dood word in hierdie storie vertel. Hy tree op 24 Januarie 1853 met Helena Francina Jacoba Vosloo in die huwelik. Sy is op 18 Mei 1832 op Somerset-Oos gebore en is daar op 2 Februarie 1902 oorlede. 

Kommandant Erasmus se skoonseun (?), Johannes Arnoldus Vosloo (1862), wat ook bekend gestaan het as Hans, het 'n lewensbeskrywing van sy skoonvader nagelaat waaruit dit blyk dat hy (Erasmus) as jong seun reeds tekens getoon het dat hy "van onverskrokke karakter was". Hy het onder andere 'n luiperd op kort afstand doodgeskiet en, gedurende 'n Kafferoorlog, toe die meeste boere in die omtrek op kommando was, 'n bende veediewe agtervolg. 

27 August 2012

Drie stories oor die ou-ou dae

Barry Vosloo 

Adriana Jacomina Esterhuysen (foto links) is op 3 Februarie 1878 in die Utrecht-distrik op die plaas Baltusspruit gebore. Sy was 'n nooi Ferreira, die aanvallige dogter van Petrus Gerhardus en Susanna Elizabeth Ferreira. Adriana was waarskynlik ‘n nasaat (sesde geslag) van Ignácio - later Ignatius - Ferreira (1695 – 1772) wat die stamvader van die meeste Ferreiras in Suid-Afrika was.

Soos die meeste kinders, het haar kleinkinders hulle verluister aan hulle ouma se vertellings oor die “ou” dae. 

10 August 2012

‘n Voormalige Rhodesiër se bande met Ugie

Barry Vosloo

Myra Bosch


Myra Bosch, ‘n voormalige Rhodesiër en tans ‘n lid van die Jeffreysbaaise Genealogiese Geselsgroep, vertel dat haar ouma se broer, ds. MTR Smit, vanaf 1917 tot 1960 die NG predikant op Ugie was. 

03 August 2012

Enigeen kan geskiedenis skryf

Barry Vosloo 

Volgens die Indiese historikus, Anjali Modi, bestaan daar ‘n groot gaping tussen gebeure wat die historikus uitbeeld en hoe gewone mense dieselfde gebeure beskryf. Eersgenoemde, sê hy, “is concerned about the practice of history writing, the uses of evidence, methods of interpretation … “ Laasgenoemde sien geskiedkundige gebeure dikwels “as a tool in [an] ideological campaign … in producing histories that justify its political goals.” 

Hiervan moet ‘n mens aflei dat dat gewone mense geskiedkundige gebeure op ‘n baie meer subjektiewe vlak interpreteer as die professionele ouens en dus ‘n skewe voorstelling daarvan gee. 

29 July 2012

What’s in a name … ?

Barry Vosloo

Romeo en Juliet
Shakespeare se Juliet vra: "What's in a name? That which we call a rose by any other name would smell as sweet."

Sy praat natuurlik met haar kêrel, Romeo Montague, en probeer hom wysmaak dat ‘n naam eintlik ‘n kunsmatige en betekenislose konvensie is. Sy het hóm lief en nie die Montague-naam of –familie nie.

‘n Mens kan aanvaar dat Juliet dié woorde in ‘n waas van verliefdheid gebruik het sonder om te besef dat genealoë name sorgvuldig moet oorweeg as hulle van plan is om familiestambome te klim.

20 July 2012

Wie in ‘n glashuis woon ...

Barry Vosloo

Uitvoerige navorsing deur prof. J A Heese om vas te stel hoeveel wit (hoofsaaklik Hollandse en Duitse) inwoners van die Kaap tussen 1852 en 1800met sogenaamde nie-blankes getroud was, het in die vroeë sewentigerjare opsienbare feite aan die lig gebring. In sy navorsingsverslag (Die herkoms van die Afrikaner, 1971) beweer Heese dat meer as 1 200 sulke huwelike plaasgevind het (Alister Boddy-Evans:  Genealogy of Afrikaners 

15 July 2012

My familiegeskiedenis

Barry Vosloo

Die titel van my familiegeskiedenis is Soos die skakels in ‘n ketting (1649 – 2010), Boek 1. Dit beslaan 326 bladsye. Ek het reeds begin om die eerste twee hoofstukke van Boek 2 te skryf.

01 July 2012

Jan Esterhuÿs word Jean Extreux

Barry Vosloo

Sover ek kon vasstel is ek ‘n negendegeslag-nasaat (aan moederskant) van Christoffel Esterhuÿs. Volgens dr. J H Esterhuyse (Die Esterhuizen familie in Suid-Afrika) het Christoffel in ongeveer 1684 vanaf Groningen, Noord-Nederland, in die Kaap aangekom.

Esterhuyse skryf dat dié familienaam nêrens elders ter wêreld aangetref word nie. Bowendien was dit nie Christoffel se oorspronklike van nie. Omdat hy, soos baie van sy tydgenote aan die Kaap, ongeletterd was, het kompanjie-amptenare sommer die familienaam vir hom uitgedink.

Maar dit was nie net kompanjie-amptename wat met die name van mense gepeuter het nie.

28 June 2012

Die legende van Gert Houtkanon

Barry Vosloo

Ek is ‘n direkte afstammeling van Gerrit Vosloo (1768 – 1860).

Hy was glo 'n voortvarende en rebelse man; iemand wat nie gehuiwer het om drasties op te tree as daar 'n statement te maak was nie.

Wamaker van nering, het hy op Graaff‑Reinet gewoon waar hy op 6 April 1799 aan die Van Jaarsveld‑opstand deelgeneem het. Die gebeure wat tot die opstand aanleiding gegee het is ‘n storie vir ‘n ander dag. Wat wel vir hierdie vertellinkie van belang is, is die rol wat Gerrit Vosloo volgens oorlewering daarin gespeel het.