Ben Jackson
Motivering vir sending
In die sending gaan dit oor die verkondiging van die Evangelie as blye boodskap van verlossing. Dit gaan gepaard met ‘n opdrag en roeping en word ondersteun deur die toerusting van die Heilige Gees. Geloof in die Here Jesus en die getuienis aangaande Homkan nie geskei word nie. Sending is dikwels ’n kruiskulturele aktiwiteit, meer so in Afrika as bv. by Paulus. Dit kan lei tot paternalisme maar moet gepaard gaan met die nodige nederigheid. Die kleurkomponent oorheers vandag nie meer nie. Daarom is daar sendelinge in Frankryk, België en Rusland. Daar het ’n spontane getuienis, as missionêre dimensie, van sendinggesinne uitgegaan oor die manier waarop ’n Christelike gesin funksioneer. Hierdie werk word ook gedoen ten spyte van moeilike omstandighede. In al die sendingvelde was dit ’n omvattende Evangeliebediening wat gepaard gegaan het met ’n missionêre diakonaat van mediese dienste, onderwys (wat insluit skole vir blindes en dowes), landbou en ander vaardighede.
Motivering vir sending
In die sending gaan dit oor die verkondiging van die Evangelie as blye boodskap van verlossing. Dit gaan gepaard met ‘n opdrag en roeping en word ondersteun deur die toerusting van die Heilige Gees. Geloof in die Here Jesus en die getuienis aangaande Hom