Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label familiebybel. Show all posts
Showing posts with label familiebybel. Show all posts

09 September 2012

Die Olivier-familiebybel

Naas Olivier 


Die Olivier-familiebybel
Dié Bybel was die eiendom van my agter-oupagrootjie, Ignatius Petrus Hendrik Olivier (*1823 op die plaas Mynhardtsrivier in die Olifantsriviervallei tussen Calitzdorp en Oudtshoorn; = 20/4/1823 in Gamka). Hy is op 9 November 1846 met Susanna Dorothea Magdalena Jacoba Potgieter te Calitzdorp getroud. Hulle was eie neef en niggie. 

Agter-oupagrootjie-hulle het 15 kinders gehad - 6 seuns en 9 dogters.  Voor in die Bybel was die kinders se  name, geboorte- en doopdatums aangeteken. Die skrif in die Bybel is vermoedelik sy handskrif en dié van sy vrou.