Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label Japie Bosch. Show all posts
Showing posts with label Japie Bosch. Show all posts

01 February 2013

Wenk: vind “Jaarringe” maklik só

Jy  loop ‘n kennis raak en vertel hom van Jaarringe.  Hy vra die webadres, maar jy kan dit nie onthou nie.  Dis nie maklik om www.jaarringe.blogspot.com altyd in jou kop te hê nie.

24 January 2013

Die waarde van die internet

Die internet speel ‘n waardevolle rol in die opsporing en hereniging van verlore familie om sodoende ‘n mens se familieregister te voltooi.

21 January 2013

Op die spoor van die familie

Japie Bosch

Tyd en geduld. En wees knaend op die spoor van die familie. Met dié gereedskap kan jy tot die redding van ou foto’s kom en dit vir die nageslag bewaar.

19 November 2012

Lobola vir ouma Baby

Japie Bosch

Ouma Baby Vermaak
Ouma Baby Vermaak (my pa se ma) was ‘n duur meisie in haar jong dae.  Haar pa, Manny Vermaak, het geweet van geld en geldmaak.  Gevolglik het hy toegesien dat sy dogter nie haar huwelik sonder ‘n ietsie van haar eie betree nie.

Van kleintyd af was Hester Maria Vermaak (1891 – 1970) gewoond aan die goeie dinge in die lewe.  Sy en haar vyf susters en een broer is deur ‘n goewernante op hul plaas in die Molteno-distrik onderrig.  “In English only.” Dít en byvoorbeeld die silwer eetgerei en opskepborde wat met elke ete op die tafel was, vertel die verhaal van haar ouerhuis se lewenstyl.  Welaf mense.

28 August 2012

Só het ek uitgevind my pa en ma is neef en niggie

JAPIE BOSCH skryf: Met die genealogiese rekenaarprogram, Legacy, het ek 'n klompie jare terug 'n ontdekking gemaak wat andersins waarskynlik nooit vir ons familie bekend sou gewees het nie: my twee ouers (albei oorlede) was neef en niggie. Nouwel vyfde geslag neef en niggie, maar Jacob Rudolph Jacobus Bosch en Louisa Petronella Jacoba Labuschagne het 'n verwantskap gehad.

25 July 2012

e-SAGI

Japie Bosch

Lucas Rinken
e-SAGI staan vir “Elektroniese Suid-Afrikaanse Genealogiese Indeks”. 

Dit is 'n projek van die Wes-Gautengtak van die SA Genealogiese Genootskap. Lucas Rinken is die man wat die projek begin het. Hy het letterlik duisende ure reeds hieraan bestee en werk nog elke dag hieraan.

Dit bevat genealogiese besonderhede van meer as 600 500 mense, maar dit het ook koppelings na hulle voorouers en families. Teen hierdie prys is hierdie inligting vir 'n genealoog 'n winskoop duisend en 'n hulpmiddel soos min. Die opbrengs uit verkope gaan na die tak.

17 July 2012

‘n Nuweling in die genealogie se benadering tot familie-dokumentering

Japie Bosch

(‘n Klompie jare terug het Japie by ‘n maandvergadering van die Wes-Gauteng-tak van die Genealogiese Genootskap van SA vertel hoe hy as ‘n beginner die Genealogie benader het.  Wat hier volg is ‘n ietwat aangepaste weergawe van sy praatjie. Met sy vaardige pen word dit sommer ‘n begeleide reis langs die weë van genealogiese ontdekking vir diegene wat nog aan die begin van hul familienavorsing staan. Lees ook Kimberly Powell se artikel - Redakteur)

16 July 2012

Facebook en die genealogie

Japie Bosch

‘n Facebook-aanhanger was ek nog nooit, maar die afgelope maande het ek ontdek hoe nuttig dié netwerk met die opspoor van familie kan wees.  Voorgeslagte gaan jy nie kry nie, maar die nageslag wel.

11 July 2012

Sluit gerus aan by SA Genealogie

Japie Bosch

Dis verbasend hoeveel mense in die genealogie belangstel, maar nie weet dat daar hulp is nie. Gevolglik sterf hul belangstelling dikwels asook die bydrae wat hulle tot die genealogie kon gemaak het.

01 July 2012

Laat jou rekenaar homself opruim

Japie Bosch

Net soos jou lessenaar soms deurmekaar raak soos jy hier en daar iets neersit en rondskuif, raak jou rekenaar se hardekskyf ook deurmekaar soos jy programme, data, foto’s, video’s (veral) of wat ookal aflaai of verwyder.

Hoe meer deurmekaar, hoe stadiger.