Volgende vergadering: Woensdag, 29 Mei, 17:00; Santa Fé Coffee Shop (agter ABSA), Da Gamaweg, Jeffreysbaai.
Spreker: Dr. Piet Aucamp. Onderwerp: "My seëlversameling en die genealogie".

Soek iets in Jaarringe

Soek jy na 'n berig in Jaarringe? Tik 'n sleutelwoord hieronder in en klik om toegang tot die berig te verkry.
Showing posts with label Geslagsregisters. Show all posts
Showing posts with label Geslagsregisters. Show all posts

10 December 2012

Oudste SA geslagsregister?



Die oudste bekende geslagsregister in Suid Afrika is in 1832 opgestel deur Magdalena Christina Marais, 'n gehoorgestremde.

Dié waardevolle dokument is in besit van die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika. Klik HIER om dit te besigtig

01 August 2012

Genealogy of Jesus

Jesus' genealogy can be found at two places in the Bible. 

30 July 2012

Vroue in die geslagsregisters van Genesis


Gerda de Villiers

Inleiding
Geslagsregisters is nie die opwindendste gedeeltes in die Hebreeuse Bybel nie. Meestal bestaan hulle uit lang lyste met vreemde name van karakters van wie ‘n mens dikwels nooit weer hoor nie. En tog vervul geslagsregisters ‘n belangrike funksie. In die Ou Testament waar geslagsregisters aan die einde van ‘n storie gegee word, vertel elke naam iets oor die verlede of slaan ‘n brug na die toekoms. Byvoorbeeld, na die vertelling van die skepping van die wêreld, volg die geslagsregister van Adam tot by Noag en sy seuns (Gen 5). Die vloedverhaal word dan vertel, en eindig met die nageslag van Sem, Gam en Jafet (Gen 10). Daarna word Sem se nageslag uitgesonder (Gen 11:10-24) om die oorgang na die verhale van die aartsouers te bied: Abraham en Sara, Isak en Rebekka en uiteindelik Jakob en sy vroue.

Tradisioneel bevat geslagsregisters die name van die vaders, die name van die mans. Maar sonder vroue sou daar geen stamboom gewees het nie! In hierdie teo-bydrae wil ek veral die rol van vroue in die geslagsregisters van die boek Genesis bekyk.