![]() |
| Jan van Riebeeck |
Van Riebeeck het ’n eenvoudige opdrag gehad: lê ’n groentetuin en vrugteboord aan, bou ’n fort en hospitaal, en ruil vee van die inheemse mense. Niemand het aan kolonisasie gedink nie. Van Riebeeck het egter gou raakgesien dat grond oos van Tafelberg, “met die heerlikste vars riviere wat ’n mens kan begeer”, uitstekend vir landbou geskik was. In 1657 het hy nege Kompanjiesdienaars vrygestel om voltyds op erwe van 13,3 morg (sowat 11,4 ha) te boer.
